Klein Phisantekraal | Valentynsdag

 


Laat ek myself voorstel - My naam is Tiana Smith van Beloved Photography. Ek is aangestel as die nuwe "resident" fotograaf van Klein Phisantekraal. Ek is 'n mamma van 3 kinders en al 3 my kiddies is deur die wonderlike hande van Klein Phisantekraal se juffrouens.


My jongste enetjie (Alexander) is nou in Graad 1 en hy mis die plaasskool verskriklik baie! Hy was baie jaloers toe hy hoor ek gaan die voorreg hĂȘ om hierdie jaar bietjie tyd by Klein Phisantekraal te spandeer :-) 


Ek sien verskriklik uit na hierdie jaar. En na hierdie Valentynsdag shoot is ek nog meer opgewonde. Julle het verskriklike oulike kinders - almal het goed saamgewerk, mooi geglimlag en pragtig gelyk!


Ek gaan elke keer die fotos wat ek neem op 'n aflaaibare "link" laai en die link elke keer hier op my website post.


Indien julle enige familie fotos, baba fotos, of uitgebreide familie fotos benodig, loer gerus deur my webtuiste na my werk en kontak my vir my pakkette.


Indien jy korporatiewe fotografie of videos benodig - my man is ook 'n fotograaf en videograaf van Magma Media. Loer gerus na sy opsies en portfolio op www.magmamedia.co.za. Hy het ook verlede jaar die advertensie video van Klein Phisantekraal gemaak. Om die videos te sien wat ons van Klein Phisantekraal geshoot het, druk hier.


Hier is die link om die fotos van die Valentynsdag 2022  by Klein Phisantekraal te sien en te download.

Om die fotos te sien en te download, DRUK HIER

Jy kan die fotos wat jy wil hou individueel download, of jy kan alles van die dag op een slag download. Regs bo in die hoekie is die "download all" knoppie.


Kontak my gerus indien jy enige vrae het of meer wil uitvind oor my pakkette.


Tiana Smith

0845585504

info@belovedphotography.co.za

Share:
© Beloved Photography by Tiana Smith, Cape Town wedding photographer, Western Cape wedding | All rights reserved.
Blog Design Handcrafted by pipdig