Ek het Morne & Maryke se troue baie geniet. Hulle is sulke
gemaklike, plat op die aarde mense, en ek het sommer van die begin af
tuis gevoel tussen hulle en hulle gaste.Hulle onthaal was by die
Eensgezind en soos altyd was die atmosfeer en kos heerlik! Haar rok is
deur Didi Couture gemaak en sy het regtig asemrowend gelyk!
Ek hoop julle geniet die fotos saam met my!