Juan & Simone | Nelson's Creek


Hierdie was 'n baie spesiale troue vir 'n paar redes. Ek ken vir Juan al lank, want hy en Ryno het al soveel goeie werk vir ons gedoen aan ons DSTV set-up. En ek ken vir Simone omdat ek haar sussie se troue en ander sussie se familie fotos in die verlede geneem het. En nog 'n bonus, ek het 'n hele paar gaste op die troue geken! So dit was vir my so 'n voorreg om hierdie troudag af te neem. 

Maar dit was 'n uitdaging om fotos te neem, aangesien dit al skemer was teen die tyd wat ons by die kerk uitgestap het! So teen die couple shoot tyd was die lig baie min en teen die gevolg fotos was dit so te sê pikdonker! So ek moes kreatief werk met beligting (Selfs die kar se hoofligte gebruik om te kon fokus), maar dit was lekker om bietjie iets buite die normale te doen en ek is BAIE gelukkig met die eindresultaat.

Die roomyskarretjie by die onthaal was ook 'n groot hoogtepunt!

Ek hoop julle geniet die fotos saam met my!


































































 Soos ek in die kerk inloop om die instap van die bruid te gaan afneem, sien ek in die spieël van die kerk se voorportaal die refleksie van die bruid wat regmaak, sowel as vir Juan wat in spanning binne staan en wag. So kosbaar om dit om een foto vas te vang!


















 Hierdie is die "before" foto - die chaos van kiddies by 'n troue :-)
Die "after" foto :-)

































 Dit was die enigste manier om hulle genoeg te belig in die donkerte wat ons fotos geneem het :) Dog ek share bietjie 'n behind the scene foto

































 So 'n fun deel van die aand! 'n Eerste vir my by 'n troue, maar baie special!







Share:
© Beloved Photography by Tiana Smith, Cape Town wedding photographer, Western Cape wedding | All rights reserved.
Blog Design Handcrafted by pipdig