Jana du Toit | 8 months old

Dit was soooo lekker om hierdie shoot te doen! Dis so 'n voorreg om vriende en hul pragtige families af te neem. En hierdie is ook 'n gesin wat ek nou al 'n paadjie mee stap. 

Eers het Charl (my man) André en Celést se troufotos geneem, toe doen Charl Jacques se newborn shoot, toe doen ek hulle maternity shoot toe Celést swanger was met Jana asook Jana se newborn shoot en nou hierdie pragtige baba dogtertjie! 

Sy is so 'n vreugde-kind en dit was regtig vir my lekker om haar oulike persoonlikheid op kamera vas te vang. Ek hoop julle geniet die fotos saam met my!

















No comments:

Post a Comment

Tell me what you think, please leave a comment. Please select the Name/URL option. Put your name in the NAME box, you don't have to worry about the URL box.